Dag 23: Die Geleentheid se Verleentheid

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Anvaar dat die Geleentheid op AARDE om lewe te ervaar - nie gelyk is vir alle lewe nie, en dat die verarming en misbruik van lewe geen verleentheid wakker maak in die bewustheid van die mens nie.

Ek vergewe myself dat ek myself togelaat het om te lewe asof ek NIE op geleende Tyd is nie, sonder om the besef dat alle bewyse van die GRAF daarop wys, dat Niemand Tyd Besit nie, en dat almal net bestaan op geleende tyd wat afhanklik is van die Natuur van die Aarde om ‘n ekosisteem te voorSIEN aan almal gelyk, Maar die Mense het die VoorSIENIGHEID Ongelyk gemaak, en dit wat Gratis gelyk gegee word - met die bloed van lewe gekoop, om Sodoende die Ewebeeld en gelykenis van lewe vernietig - deur die waarde van lewe NIETIG te Verklaar deur die MANIER Waarop lewe op Aarde Bestuur word as EKOnomiese sisteme waar net RykDOM bepaal wie bereik ‘n Bestaan wat waardig is as lewe, waar die RES uitgestort word SOOS RESTE Sonder waarde.

Ek vergewe Myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het het om LEWE om te Draai na EUWEL deur die EKOSISTEEM wat die VOORSIENIGHEID aan alle LEWE gelyk Voorsien het Te BeDUIWEL, wat WEL aanDUI dat die Mens die LEWE vir ‘n POT LENSIESOP verkwansel het, en dat die Verkwanselling TOT op ELKE KANSEL goed gepraat word en so van die KERK die Slagveld Gemaak het waar Lewe Ingekerker word as Slawe van die wat Geen Respek vir Lewe het nie, Maar net na Hulle Eie Sak kyk, terwyl die Ongelykes in Sak en AS gelos word om seker te maak die RYKES kry Alles van AL wat is op AARDE.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om nie te SIEN dat die GEVAAR om die lewenswyse van die mensdom te AANVAAR waar lewe Ongelyk behandel word - Sal LEI tot die Verkwanselling van die Ewige lewe, Terwyl Lewe op AARDE as geleende TYD die TOETS was om te SIEN WIE gaan die GAWE van LEWE OMSKEP as EWEBEELD en GELYKENIS van EWEGE LEWE om Sodoendende die EWIGE LEWE te Ontvang deur dit te GEE, want soos jy gee sal jy ontvang.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om die Boodskap van Jesus van ‘gee en jy sal ontvang’, vervang het deur mekaar gevange the Hou in SISTEME van SKULD beskerm deur die SWAARD en SKILD om te verseker dat die wat GEWETENLOOS is, wegstap met die OORWINNAARS se Waarheid van Lewensmisbruik, Terwyl die aarde die Geleentheid is om Selfbelang te OORWIN om die Eenheid en Gelykheid van lewe te bevestig as Self, en So as OORWINNAAR te tree in die INNERLIKE Stryd van SelfBelang en Sodoende Lewe Eerste Stel as die Enigste Waarde wat in ALLE Ewigheid Werklik Bestaan.

Ek stel my ten doel om die Bedoelings van die Mens te Bevraagteken waar dit Indruis teen die Belang Van Lewe wat Een en gelyk aan almal gegee is met geboorte.

Ek stel my ten doel om die MensDOM daarop te wys dat LEWE ‘n Gawe is wat Verloor word deur die Besluite wat die mens maak wat LEI tot die Lyding van LEWE in SelfBelang.

Ek Stel my ten Doel om aan die HART van ELKE Mens te Klop en te Wys dat die HART van die Mens VERHARD is want dit is nie meer Lewe nie, maar is die EuWEL wat Nou as Lewe op Aarde aanvaar word.

Ek Stel my ten Doel om daarop te Wys dat Geen Mens Wat toelaat dat lewe MISBRUIK word, ooit die Ewege LEWE Sal ONTVANG NIE.

Ek Stel my Ten Doel om Daarop te Wys Dat om Dankbaar te wees VIR die Gawe van Lewe en die Voorsienigheid wat Lewe op Aarde Ondersteun, is Waardig Indien die Waarde Van Lewe - gegewe ewe aan Almal Gereflekteer word in die Lewenssisteem wat die DOEN en Late van die Gemeenskap Reguleer, Maar Indien Lewe nie Geëer word nie, Dan is die Dankbaarheid Vals want mens Val in die Klug dat om die Skepper te Eer die weg tot die Ewige Lewe is, Terwyl Dit Duidelik nie So is nie, Want Eerbaarheid is om dit wat Eerste is vir Almal, Eerste te stel as die Eerlikheid dat die Gawe as Lewe Gelyk is, en dat die Gelykheid as Lewenswysheid WYS dat Dankbaarheid in Praktiese Lewenswyse IS wat GEE soos dit Ontvang om die EWEBEELD en Gelykenis te WAARDEER, en SODOENDE te BEWYS dat die GAWE van LEWE die ENIGSTE Werklike Waarde is was ooit kan Bestaan. Die Wat LEWE nie EWE toepas is nie LEWE nie en is Dus Nie Dankbaar nie. Die Wêreld Sisteem TOON AAN dat Dankbaarheid Huidiglik net n KLUG is want die Ekonomiese, Politiese, Opvoedkundige en Alle Ander Sisteme wat die Wêreld REGULEER, Dui aan dat die mens nie REG ge-LEER word wat WERKLIK van Belang is op AARDE nie. Die Verskoning dat dit net die AARD  van die mens is, is ONKUNDE want die OORSAAK wat OOR en OOR gebeur is Hoe Elke Kind geleer word en ONTLEWE word in die Belang van die VREES van die OUER.

comments (0)

Post a Comment