Dag 24: Die Gif van Vergifnis

0 comments


Eke vergewe myself dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat vergifnis van Aarde verander word in die GIF wat die mens van mekaar verwyder soos elkeen wedywer om beter te wees as die ander, en so te lewe met vergifnis as LIPPETAAL Sonder dat die Manier van Lewe enige Egte Vergifnis Reflekteer.

Ek vergewe dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat Vergifnis versprei word soos ‘n gif waarop die mens besluite baseer om mekaar te Na te Kom en te Benadeel tot so ‘n Mate dat Lewe op Aarde Sonder EER bestaan, want elkeen stel Hulself Eerste in plaas van om Lewe wat Ewe in almal is Eerste te Stel.

Ek vergewe myself dat ek myself Toegelat het en Aanvaar het, om vergifnis te verander in ‘n PRODUK wat verkoop word deur te sê Dat Jesus Vergifnis vir die Mens deur sy Bloed GEKOOP het, om Sodoende die Sisteem van SKULD en Profyt waarde te gee, sodat die Benadeling van Mekaar aanvaarbaar te kan maak, want Sodoende kan geglo word dat die mens in SKULD gebore is en dus kan die Ekonomiese Sisteem van SKULD op mekaar afgedwing word as ‘n GAWE van GOD.

Ek vergewe myself dat ek myself Toegelaat het en Aanvaar het dat SKULD die begin van ELKE kind se Lewe is, SODAT Elke KIND ‘n SLAAF Lewenslank kan wees aan die Konsep van SKULD, om Sodoende Hulle Kinders ook in SKULD te DOMpel as die Enigste Bestaansreg van die mensDOM.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat NET die Bloed van Jesus Vergifnis moontlik maak om die Mens te Verlos van die SKULD waarmee die Mens volgens Oorlewering Mee Gebore is in hierdie Lewe, en word in elke kind INGEDWING om te Verseker dat die Mens altyd bestaan as SKULDENAARS.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat die LOT van die ARMES die WIL van GOD is, want die ARMES Kan nie SKULD maak nie en het dus nie toegang tot GELD nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie te SIEN, dat almal wat aan die Stelsel van SKULD deelneem as Ekonomiese Sisteem Christene is, want SKULD is die Fondasie van die ChristenDOM.

Ek Stel my ten Doel om Aan te TOON, Dat Geestelike waardes weerspiëel word in Ekonomiese Waardes en dat die Ekonomie Stelsel die Waardes van  die Geestelike Stelsel Voorstel.

Ek stel my ten Doel om Aan te WYS, dat Bloed van Jesus Betalingstelsel die fondasie is van die Wêreld Ekonomiese Stelsel wat Bloed van Klippe tap deur die mens Verslaaf te Maak aan SKULD.

Ek stel my ten DOEL om te Wys dat RykDOM deur SKULD die SKILLE op die Oë van die mens so effektief gemaak het, dat die MENS GEEN meegevoel met die MedeMens het nie, en DUS nie die NAASTE Lief het soos Self nie.

Ek stel my ten Doel om Daarop te WYS dat die Huidige Ekonomiese Stelsel op Aarde die Teenoorgestelde is, wat DIREK gekant is Teen die Leerstellinge van Jesus om jou Naaste Lief te hê soos jouself en om te gee soos mens wil ontvang - en dat enige Mens wat Jesus AANBID, maar nie Sien dat die Ekonomiese Stelsel Indruis teen die Boodskap van Jesus, Besig is met Vals leerstellinge en ‘n Vals Beeld Voorhou en dus nie Vertrou kan word met die Roeping om die AARDE se Bestier Volgens die wil van GOD as Lewe nie.

Ek stel my ten Doel om Daarop te Wys dat die AARDE en die Son in Alle Behoeftes Voorsien Sonder SKULD, en dat SKULD ‘n uitvindsel is van die mensDOM om mekaar te treiter en te Martel, terwyl agter die naam van Jesus Skuiling word.

Ek stel my ten Doel om daarop te WYS dat SKULD die Gif is van Vergifnis Waar die Mens Die Lewe Onteer in Eie BELANG
Enhanced by Zemanta

Dag 23: Die Geleentheid se Verleentheid

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Anvaar dat die Geleentheid op AARDE om lewe te ervaar - nie gelyk is vir alle lewe nie, en dat die verarming en misbruik van lewe geen verleentheid wakker maak in die bewustheid van die mens nie.

Ek vergewe myself dat ek myself togelaat het om te lewe asof ek NIE op geleende Tyd is nie, sonder om the besef dat alle bewyse van die GRAF daarop wys, dat Niemand Tyd Besit nie, en dat almal net bestaan op geleende tyd wat afhanklik is van die Natuur van die Aarde om ‘n ekosisteem te voorSIEN aan almal gelyk, Maar die Mense het die VoorSIENIGHEID Ongelyk gemaak, en dit wat Gratis gelyk gegee word - met die bloed van lewe gekoop, om Sodoende die Ewebeeld en gelykenis van lewe vernietig - deur die waarde van lewe NIETIG te Verklaar deur die MANIER Waarop lewe op Aarde Bestuur word as EKOnomiese sisteme waar net RykDOM bepaal wie bereik ‘n Bestaan wat waardig is as lewe, waar die RES uitgestort word SOOS RESTE Sonder waarde.

Ek vergewe Myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het het om LEWE om te Draai na EUWEL deur die EKOSISTEEM wat die VOORSIENIGHEID aan alle LEWE gelyk Voorsien het Te BeDUIWEL, wat WEL aanDUI dat die Mens die LEWE vir ‘n POT LENSIESOP verkwansel het, en dat die Verkwanselling TOT op ELKE KANSEL goed gepraat word en so van die KERK die Slagveld Gemaak het waar Lewe Ingekerker word as Slawe van die wat Geen Respek vir Lewe het nie, Maar net na Hulle Eie Sak kyk, terwyl die Ongelykes in Sak en AS gelos word om seker te maak die RYKES kry Alles van AL wat is op AARDE.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om nie te SIEN dat die GEVAAR om die lewenswyse van die mensdom te AANVAAR waar lewe Ongelyk behandel word - Sal LEI tot die Verkwanselling van die Ewige lewe, Terwyl Lewe op AARDE as geleende TYD die TOETS was om te SIEN WIE gaan die GAWE van LEWE OMSKEP as EWEBEELD en GELYKENIS van EWEGE LEWE om Sodoendende die EWIGE LEWE te Ontvang deur dit te GEE, want soos jy gee sal jy ontvang.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en Aanvaar het om die Boodskap van Jesus van ‘gee en jy sal ontvang’, vervang het deur mekaar gevange the Hou in SISTEME van SKULD beskerm deur die SWAARD en SKILD om te verseker dat die wat GEWETENLOOS is, wegstap met die OORWINNAARS se Waarheid van Lewensmisbruik, Terwyl die aarde die Geleentheid is om Selfbelang te OORWIN om die Eenheid en Gelykheid van lewe te bevestig as Self, en So as OORWINNAAR te tree in die INNERLIKE Stryd van SelfBelang en Sodoende Lewe Eerste Stel as die Enigste Waarde wat in ALLE Ewigheid Werklik Bestaan.

Ek stel my ten doel om die Bedoelings van die Mens te Bevraagteken waar dit Indruis teen die Belang Van Lewe wat Een en gelyk aan almal gegee is met geboorte.

Ek stel my ten doel om die MensDOM daarop te wys dat LEWE ‘n Gawe is wat Verloor word deur die Besluite wat die mens maak wat LEI tot die Lyding van LEWE in SelfBelang.

Ek Stel my ten Doel om aan die HART van ELKE Mens te Klop en te Wys dat die HART van die Mens VERHARD is want dit is nie meer Lewe nie, maar is die EuWEL wat Nou as Lewe op Aarde aanvaar word.

Ek Stel my ten Doel om daarop te Wys dat Geen Mens Wat toelaat dat lewe MISBRUIK word, ooit die Ewege LEWE Sal ONTVANG NIE.

Ek Stel my Ten Doel om Daarop te Wys Dat om Dankbaar te wees VIR die Gawe van Lewe en die Voorsienigheid wat Lewe op Aarde Ondersteun, is Waardig Indien die Waarde Van Lewe - gegewe ewe aan Almal Gereflekteer word in die Lewenssisteem wat die DOEN en Late van die Gemeenskap Reguleer, Maar Indien Lewe nie Geëer word nie, Dan is die Dankbaarheid Vals want mens Val in die Klug dat om die Skepper te Eer die weg tot die Ewige Lewe is, Terwyl Dit Duidelik nie So is nie, Want Eerbaarheid is om dit wat Eerste is vir Almal, Eerste te stel as die Eerlikheid dat die Gawe as Lewe Gelyk is, en dat die Gelykheid as Lewenswysheid WYS dat Dankbaarheid in Praktiese Lewenswyse IS wat GEE soos dit Ontvang om die EWEBEELD en Gelykenis te WAARDEER, en SODOENDE te BEWYS dat die GAWE van LEWE die ENIGSTE Werklike Waarde is was ooit kan Bestaan. Die Wat LEWE nie EWE toepas is nie LEWE nie en is Dus Nie Dankbaar nie. Die Wêreld Sisteem TOON AAN dat Dankbaarheid Huidiglik net n KLUG is want die Ekonomiese, Politiese, Opvoedkundige en Alle Ander Sisteme wat die Wêreld REGULEER, Dui aan dat die mens nie REG ge-LEER word wat WERKLIK van Belang is op AARDE nie. Die Verskoning dat dit net die AARD  van die mens is, is ONKUNDE want die OORSAAK wat OOR en OOR gebeur is Hoe Elke Kind geleer word en ONTLEWE word in die Belang van die VREES van die OUER.

Dag 22: Gevoel is die Doel

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat die doel van die Lewe is ‘n spel van, Hoe Ek Voel, en tensy ek GOED voel het die Lewe nie ‘n Doel nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om hoe Ek Voel meer belangrik te maak as die Lewe Self en dat ek gevoel gebruik om ander te kry om met my saam te stem want as twee of meer soos EK VOEL dan moet Ek reg wees, ten spyte van ‘n Wêreld  wat bewys dat Ek niks Voel vir die Lyding wat my Voorkere en Gevoelens op die Vleismens neer gedaal het, want Ek wil altyd Eerste wees en Sal nie My Gevoelens opgee om Lewe Eerste te stel nie, want dan verloor Ek en Ek sal liewer die Lewe laat Verlore gaan voor ek gevoel opgee.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om van die Lewe ‘n Spel te maak wat ‘n Doel het wat die reg tot die lewe minder gestel het as die Doel van die Spel waar ek as Wenner uit die stryd kan kom met ‘n Doel wat my Lewe Rede gee waar die Doel My Lewe laat uitstaan as of Rykdom in Geld of Rykdom in Gees of Rykdom in Gevoel, want as Ek my Doel bereik, kan ek mos nie dom wees nie, want ek het die Doel van die Lewe Verstaan en twee of meer Stem met my saam en Ek is Dus met die Doel van God en staan nie Alleen nie, maar ek staan OOK nie vir die Reg tot Lewe vir Almal nie, maar dit maak nie saak nie wat dit moet die Doel van God wees wat ek Nooit sal kan verstaan nie, sê ek aan myself want Ek moet Myself Eer as Eerste, Lewe is nie my verantwoordelikheid nie, DIT IS GOD SE WIL

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het dat Sonder Gevoel Lyding in die Lewens van Miljoene Mense op Aarde toe te laat solank EK Goed Voel en Voel ek bereik ‘n Doel sonder dat ek Soos ‘n Gek Voel omdat ek die Lewe vir ‘n Pot Lensiesop verkoop het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om op die hele doel van die Wêreld sisteem te Fokus rondom Individuele Gevoelsvervulling deur te fokus op die Spel van Mindere Self vervulling wat my Beter sal laat Voel oor My Lewe, want ek het aanvaar dat My Lewe net Waarde het as dit ‘n Doel het wat die resultaat het wat my GOED laat voel en dat Enige Iets wat my nie so gou moontlik laat Goed Voel nie, op die manier waar ek tevrede sal wees, kannie waar wees nie, want in die Spel van die duidelike Gevoelsvervulling kan Ek wen en Almal het mos ‘n kans om dieselfde te doen, maak ek self wys, sonder om te Besef dat Wysmakery ‘n skepping is wat Ek Maak in Belang van my Eie Gek in ‘n Wêreld so klein waar net Ek bestaan en die Lewe verkleineer word tot dat Niks werd is in werklikheid vir ander nie, maar net omdat My Lewe My Doel het, is Alles sommer net Reg en Sal ek nooit My Doel opgee nie, want My onmiddellike prentjie van My Lewe Lyk GOED en die werklikheid van die wêreld is Ver van My, want ek wil nie besef dat dit Net Geld en Kos en ‘n Dak oor my Kop is wat my Kop laat Raas met soek na ‘n Doel en snaaks genoeg sal Ek myself nie die Doel Gee om Lewe vir Almal as Een en Gelyk Eerste te stel nie, want ons kan mos nie ALMAL wen nie, want dan het ek Nooit ‘n kans om Spesiaal te wees nie en om Spesiaal te wees moet die Doel van die Lewe wees, want DAN voel EK goed en Ek is Mos nie ALLEEN in die gevoel nie, so ek moet my gevoel Najaag kom wat wil en Raas die Kop van die EIE GEK . Ek is Gek oor gevoel. 

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om op Opvoeding en Familie te fokus rondom die doel van die Unieke gevoel en dat Ek Die Rykdom van Gevoel die MEESTER van my lewe gemaak het ten spyte van die Daaglikse bewyse dat die gejaag na wind ‘n wêreld geskep het waar Lewe nie Eerste as Enigste Waarde Geëer word nie, maar dat ek die waarheid met ‘n eenvoudige waai van die hand kan afmaak as Onwaardig sodra dit indruis met my Doel van die lewe om die Droom te Soek waar my Lewe Goed sal voel,
Want dan het ek my doel vervul en so het ek my kinders van geslag tot geslag gelei tot die Slagting van die Lewe deur die Doel van die Lewe iets te maak soos Gevoel wat nie lewe nie Een en gelyk en Almal Eer nie, maar solank ek wen, is ek nie deel van die slagting nie, so ek moet reg wees anders sou ek mos ook gely het, maak ek myself wys.

Ek stel my ten doel om die MENSDOM te wys dat die RYKDOM van GEVOEL net die gierigheid van die EIE GEK  is wat Gevoel Hoër gestel het as Lewe en so ‘n wêreld hier geskep het wat lewe ONTEER deur lewe nie EWE EERSTE te stel nie.

Ek stel my ten doel om te wys dat WYSMAKERIGHEID nie Wysheid is nie en dat die Ouer as Onderwyser die kinders van Geslag tot Geslag mislei het oor die Doel van die Lewe en sodoende reeds groot dele van die aarde se oorspronklike lewe uitgewis het net om die Doel van Gevoel te vervul en dat die mens as lewe meer vermoëns, die aarde in ‘n paradys moes verander deur Gelykheid waar ALMAL Goed sal kan voel en nog steeds Uniek sou kon wees, maar nou het ons die aarde so verwoes, dat ons ons EIE belang sal moet opgee vir HIERDIE LEWE totdat ons ‘n Nuwe Wêreld geskep het waar die gelyke balans van lewe op aarde weer herstel is.

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat ALLE gedagtes nie vertrou kan word nie, want ek het toegelaat dat Gevoel die Lewende vlees word en so die ware lewe vernietig en tot niet verklaar en sal dan eers die moed moet hê om my vlees te reinig van die Outydse gevoelens want dit laat toe dat baie nie eers kos het om te eet nie.

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat daaglikse geskrewe van self vergifnis oor ‘n periode van MINIMUM 7 jaar uiteindelik die Vlees sal Reinig van die Onetiese Onmeetbare gevoelens en wanneer my Vlees gereinig is sal my Gees van lewe weer Rein wees en sal  ek nie meer beheer word deur die Gevoelens van die Sondes van die Vaders nie. Dan sal ek Lewe op Aarde kan Herskep en ‘n Nuwe Aarde tot stand bring, waar gevoel Eties is en Lewe Eerste gestel word.

Dag 21: Begeesterde Geeste Gee nie Lewe Nie

0 comments

Ek vergewe myself dat ek Myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees na die Dood Lewe is, terwyl dit die Lewe is wat Doodgaan en terugkeer na die Lewe op Aarde as Stof

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Meer belangrik is as die Lewe wat die Gees help met geboorte van die kind en dat die dood nie my stof tot Nadenke gegee het nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat daar ‘n Gees is wat in die kind gebore word, terwyl dit ‘n Liggaam is wat KORREK moet funksioneer wat lewe moontlik maak en die Sogenaamde Gees maar net ‘n manier is waarop die mens die Vals Selfbeeld wan lewe misbruik, probeer beter laat lyk, net soos Goed op die Winkel Rak, om sodoende ‘n vals geloof om die lewe te vorm wat die Aarde van die afgrond gedryf het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gevoel van Begeertlikheid wat my oorval, Beter voel as My Fisiese Lewe op Aarde en dat ek Om die Rede die Gees Voed met Onleefbare Nonsens en die Liggaam van sovele mense dryf na Armoede en Lyding, alles in die Naam van ‘n Onsienbare Lewelose Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Gees Gewillig is, maar die Vlees swak is, sonder om te besef dat dit die Gees is wat swak is en die Vlees wat sterk is en Lewe gee. Verder dui dit aan hoe die denke van die Gees werk want die Vlees word nie verstaan en dat die Onkunde ly tot ‘n wêreld van ongelykheid Sonder om Om te Gee vir die Vlees as die Skepper van die Gees

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te Aanvaar dat die Gees Godelik is, terwyl my Gedagtes duidelik wys hoe Goddeloos die Gees Werklik is

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Wêreld meer is as die Vleeslike wêreld,  terwyl die Geboorte van elke Kind van die Vlees afhang en die Gees van die Mens net Gierigheid en die Eie Gek najaag

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn die Reg op Bestaan het, terwyl my lewe eintlik afhang van die Vleeslike Bewussyn

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het om te aanvaar dat die Geestelike Bewussyn Mag het op Aarde ten spyte van die Bewyse deur die Eeue dat die Gees nie Lewe Eer nie en ten spyte van Jesus se Voorbeeld van Vleeslike Bewyse as die Lewende Woord wat Vlees geword het, het die Gees die Boodsap van Jesus onteer en Lewe op Aarde in Hel verander

Ek stel my ten doel om die Geestelike Bewussyn van die Menslike Spirituele Idees te Ontmasker as die Euwel wat dit is, sodat die lewe as Vleeslike bewussyn op aarde herstel kan word vir Alle Lewe wat Nog Gebore sal word

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Gees van die Mens deur die Ouers en Omgewing aan die Kind geleer word en dat dit die Val van die Mens in Sonde is, waar die mens Sonder Lewe as die Vlees opeindig

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vleeslike Bewussyn die werklike lewe is wat Een en Gelyke geëer moet word deur te gee soos elke vlees Moet Ontvang om Lewe te kan hê as die EWEBEELD en GELYKENIS van Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat Begeesterd Heid as kompetisie, en die Gejaag na Wind van Gevoel net tot by ‘n Wêreld van ongelykheid en Lyding waar die wat Die Mees Oneerlike is in denke, altyd wen

Ek stel my ten doel om te wys dat die Vlees gewillig is as die Boek van Tyd om dit te wees wat sal bewys Wie die Bewustheid van elke werklike is, die Eie Gek of Lewe

Ek stel my ten doel om te wys dat daar geen Heilige Gees is nie, want die Gees van die Mens is Onheilig en Gee nie ‘n duit om vir Enige Lewe nie

Ek stel my ten doel om te wys dat die opvoeding wat ‘n kind kry in die trant van die Gees van die Ouer as Wêrelds Gees, kinder mishandeling is en in werklikheid tot  die Ewige Dood van die Kind lei

Ek stel my ten doel om te wys dat die Lewende Woord wat Vlees word, Lewe Eer en gee soos dit wil ontvang, as die Werklike Liefde as Lewe Altyd

Dag 20: My Gesag word Ondermyn

0 comments


My gesag word ondermyn en dit het te doen met wat ek sien as myne.  Gesag is gewoonlik nie sag nie en die uitoefening van gesag is gewoonlik gepaardgaande met aggressie, geweld en beheer, fisies of in woorde. 

Ondermyning van my gesag is waar my selfwaarde ontwrig word deur die gebeurtenisse  wat my laat voel dat ek nie in beheer is nie. My gebrek aan beheer dui aan dat die gesag my beheer en my heer is.  Die gesag is dan ook dit wat my posisie  aan myself weergee.  Wanneer ander  my  gesag nie respekteer nie, is my selfwaarde as posisie bevraagtekend.  Dit dui aan dat dit waarop ek my selfwaarde baseer, nie waar is nie.  Die bas noot van die klank van my woord ontbreek dus. Die feit dat dit onder is in ondermyn beteken dat die gebrek aan selfwaarde net aangedui word, wanneer my oorspronklike motivering vir gesag bevraagteken word op een of ander manier.  Dus is die ondersoek van alle dinge veral die ondersoek van dit wat onderliggend is aan my selfwaarde dringend nodig.  Onderliggend is die fondasie van my lig van verstaan en dit wat my oplig.  Wanneer die fondasie nie ‘n ware fondasie is wat die lewe en beeld van die lewe waardig is nie, dan vind ek dat ek maklik ondermyn kan word.

Wat my fondasie is, is die feit dat my werklike selfbeeld die beeld van die lewe is wat in fisiese vorm uitgedruk word as persepsie, klank, gevoel, kreatiwiteit, liefde, woorde, wysheid ens.  Wanneer die onderliggende selfbeeld se definisie ontbreek, word ‘n vals selfbeeld geskep en ons blaas dan ons beul trompet baie harder en sê Kyk, hier is ek, Kyk wat kan ek doen!, Kyk, ek is beter as jy! Kyk, whê, whê, whê, whê, whê!  Die ondermynende inligting wat aan die mens geleer word is die onderliggende rede vir konflik op alle terreine van die lewe. Voorbeelde van oorlewing, kompetisie, wen, woede, manipulasie, gierigheid, dreigemente ens.  Om nee te sê vir die beheer van ons onderliggende fondasie deur die beheer van inligting en ‘n gebrek aan kennis van hoe die onderliggende basis van selfbeeld van die mens werk, bring bevryding, en die geleentheid om die lewe weer toe te pas met ‘n passie wat werklik liefde en vrede uitleef. 

Aan die vrug sal die boom geken word en die vrug is ons woorde. Ons woorde vorm dan die fondasie van ons dade en na die bewuswording van ons wording as woorde is daar ‘n tyd wat ons eers moet skoonmaak met vergifnis en deur die toetse van versoeking gaan om te sien of ons werklik verander het.  Elke aksie moet dus ondersoek word om te sien wat die onderliggende motivering van die aksie is.  Dus, waarop is die aksie gebaseer en waar kom die inligting vandaan wat die aksie motiveer en wat is die doel van die inligting wat die aksie motiveer.  Hierdie proses is waar ons proe aan elke aksie  en dit ondersoek  om te sien of dit werklik is wie ons is.  Werk ons aksies dus binne die basis van  doen aan ‘n ander wat jy aan jou gedoen wil hê, asook, is ek lief vir myself wat my toelaat om ander te verstaan en lief te hê.  Wanneer die onderliggende fondasie van jouself nog nie gevind is nie, word jou siel nogtans verkoop  aan omstadighede, en moet jy uitvind wie het jou siel in pag,  die omstanders wat deelneem aan jou lewe en wie in die kleine en die groter wêreld jou beheer en jou optrede bepaal.

Sê nee en proe aan die proses van genesing van jouself, jou selle,  en weet dat jy altyd die selle is, gister, vandag en tot in all ewigheid.  Wanneer hierdie inligting nie die onderliggende fondasie van jou lewe is en in volle verstaan word nie, ondermyn jy jouself en is dit tyd om nee te sê vir alles wat die inligting verdraai en jou siel verraai.  Hou op om te raai wie jy is, ondersoek jouself en sien wat in jou selle geskryf is.  Die kwessie van die gees is gewillig, maar die vlees is swak, is die lewensplek wat misbruik word om die inligting te verdraai en raai, raai, riepa te speel.  Hou op om jouself te veraai deur toe te gee aan die raaisel van die lewe soos voorgestel deur die wat nie verstaan nie en wat nie die ewebeeld van God wil uitleef nie.  Verstaan is verstaan  -  om nie te verstaan nie,  is om nie te verstaan nie.  Weet is weet, nie weet nie is nie weet nie, wie is jy?  Weet jy of nie?  Verstaan jy of nie? Vra God om jou te wys en vind uit vir jouself.

VAN OORDEEL NA BEWUSTHEID

Oordeel is wanneer ons ons Oor deel met ander.  Dit is ‘n aanduiding van ‘n gebrek aan bewustheid en verantwoordelikheid, want ons wil nie ons eie antwoord en woorde glo nie.  Bewustheid is die wiskunde van aksie en gevolg, dus woorde en dade.  Aksie en gevolg is die natuurlike uitkoms van uitdrukking in vorm, weereens woorde en dade.  Dus die natuurlike gevolg van ons doen en late.  Bewustheid is die verstaan van die gevolg van doen en late.  Wysheid is om die aksie en gevolg uit te voer met bewustheid sonder om jou aan die oordeel (van ander en jouself) te steur en sonder om jou Oor met ander te deel want jy verstaan die groter prentjie. Jy skilder jou eie skildery sonder skuld en sonder om  ‘n skild te dra om jou te verdedig, want jy vind God se vrede.

Die gevolge van oordeel  het as doel die doelbewuste bewusmaking van die mens as bewustheid in vorm.  Dit wil sê dat die wil van die lewe  is die bewuswording van die mens deur die Oor te deel met pyn en smart.  Om dus die pyn en smart te verminder, moet mens die mindere  wees en die oordeel laat gaan.  Oordeel en die verstaan van die mindere is net moontlik met die bewustelike verstaan van die lewe.  Die beteken nie om nie ook in aksie oor te gaan nie.  Aksie met volle bewustheid dirigeer die lewe soos ‘n orkes en eers aan die einde is die volle waarheid van  bewustheid, alhoewel die bewuste aan die begin bewus was van die waarheid het die die bewustheid  nou in aksie oorgegaan.  Die aksie vir die blinde en dowe sonder bewustheid, maak die dowe en blinde baie bewus van hulle gebrek aan bewustheid deur die gevolge van hul onbewuste optrede ( Dit is bekend dat blindes se sintuie soms beter ontwikkel is en gebruik word as die sienende persoon). Die wet van die lewe is die wet wat die natuur as voorbeeld aangee vir die mens om na te volg as hy wil en so te leer waar sy waarheid te kort skiet in verstaan.

Die menslike natuur volg, of die natuur van die lewe, of die natuur van die sondes van die vaders.  Die gevolge is natuurlik binne die natuur wat die mens volg.  Op die huidige oomblik is die mens op sy blindste, want al die vals lig of sal ons sê onnatuurlike lig van menslike skeppings onder die sondes van die vaders verblind die mens  vir die natuurlike lig van die lewe en in die proses word die natuur verwoes.  So as dit woes gaan met die mens, dan broei ‘n storm uit en die kleintjie wat nou groot gemaak word as ‘n gevolg aan die verwoesting, is die besoek van die dier as mens. So skep ons woeste tuine as woestyne.  So is die kringloop wat die mens loop tot hy die kring sien en dan lui die klok en dit wat lok en uitlok, word gesien vir wat dit blok – die lig word geblok deur dit wat uitlok.  Sê nee vir die lok van uitlok en word genees.  

Ontblok jouself.  Sê nee vir die verwoesing op die planeet en word genees van verwoesting.  Sê nee vir die onnatuurlike lig wat die natuurlike lig verblind en word genees van blindheid.  Sê nee vir oordeel en waarmee jy jou Oor deel en word genees.  ‘n Genesing wat jou jou oorspronklike deel aan die lewe oorgee.  Die nee van genees, die gee van oorgee en die Oor van oordeel.  Laat alle ore hoor voordat die 2 ore van gebore die  1 oor van oorlede word, en stof tot stof, net stof tot nadenke los in die bedenklike toestand wat die mens se denke nou is. Dan  is die pyn van tandetrek die toestand wat weer verstand aan die omstandighede gee waarin ons beland het.

KOM VAN BEKOMMERD

Wanneer die vrees my bekom  van wat my toekom, dan verander my  onsekerheid van my eie vermoë van uitdrukking in bekommernis.  Ek wil graag hê my toekoms moet so seker wees soos die vorm van ‘n komkommer, anders word ek bekommerd. Die enigste realiteit van bekommerdheid is die prentjie van bekommerdheid in my kop waaraan ek  regte  waarde heg. Wanneer ek egter in die situasie beland waaroor ek my bekommer, is daar verskeie moontlikhede.  Ek kan die prentjie in my kop uitleef as ‘n uitdrukking van wat binne in my aangaan, want die prentjie is deur my geskilder.  Ek kan die situasie sonder vooroordeel benader en dan my bewustheid toepas as vorm  en  verstaan  en kan ek sien hoe die lewe  voor my ontvou.  As ek die kans nie neem nie, dan vou ek voor ek by die toekoms kom en die ontvouding  ( gewaarwording ) wat my toekom, ontvou nooit in ‘n noot nie.    Wanneer die prentjie in my kop deur my as my waarheid uitgeleef word, het ek darem die geluk dat wat ek geglo het, waar geword het.  Maar as ons hierdie aap uit die mou laat, sien ons dat die bewys  van ons geloof nie geloofwaardig is nie.    Die sprokie wêreld waarin ons leef is soos ‘n sprokies karakter wat gedurig aan homself wil bewys dat hy reg is en geloofwaardig is en dat sy evaluasie en prentjie  van ‘n situasie reg was.  Die waarheid kan egter net ervaar word wanneer die mens in elke oomblik onvoorwaardelik toelaat dat die lewe ontvou en dan deelneem aan die ontvouding deur in die oomblik van die gebeurtenis, jouself toe te pas as die lewe in uitdrukking volgens die natuurwette.  

Net soos die boom buig voor die wind waar die wind nou waai en die boom se blare musiek maak in die wind, pas ons ons vryheid dan toe in die ontvouding van die oomblik deur daaraan deel te neem volgens ons huidige vlak van verstaan.  Die meester van die situasie is dan die mens wat die beste maak van elke geleentheid en sien dat dit net geleen is en in ‘n oomblik verby is en dan is die volgende oomblik hier om aan deel te neem.  Die brommer van bekommerdheid  is die mens wat alles bepaald wil hê voor hy/sy daar kom.  Die gebrom as alles nie uitwerk soos die prentjie in die kop nie, is ‘n geraas wat ook met die volgende geleentheid  daarna oordonder word.  Nou is die lewe dieselfde – brom van oomblik tot oomblik.  Om nee te sê aan die verwagting dat alles volgens die prentjie in my kop werk, genees jou en laat jou toe om die polsslag van die oomblik te voel en dan met jou volle deelname die oomblik volgens jou keuses en verstaan te beïnvloed en te ervaar.  Geen  vrees nie wetende  dat die vaderlike wet van elke oomblik  net die beste verlang vir elke kind van die vader.  Wanneer ons verlange en vertroue in die vader die verlange en vertroue van die vader van lewe  ontmoet, leef ons ten volle en is ons vervul.

Laat ons nie toelaat dat die groot onderdrukking van onsself voortgaan deur prentjies wat ons skilder en nie verstaan nie, want dan is ons lewens gebrekkig. Openbaar jouself nou en sê nee vir die onderdrukking van jouself, lewe die lewe van die Vader van volheid en volmaaktheid sonder om jou te bekommer.

Dag 19: DIE VAL VAN DIE MENSDOM

0 comments


Die val van die mensdom het te doen met die dom dinge wat die mens doen en glo.  Wat die mens doen en glo is gebaseer op wat oorvertel word en op wat as voorbeeld gestel word aan kinders, met ander woorde die sondes van die vaders.  Dit gebeur deur denke, die skepping van beelde voor die menslike bewustheid wat dan deur woorde verduidelik word deur’ n prentjie te skilder.  Die strukture van beelde en woorde word dan die waarde gegee van waarheid en die mens sal sy siel verkoop om seker te maak hy/sy is reg in hulle geloof om nie deur sy medemens geoordeel te word nie. Hierdie onderliggende vrees is iets wat niemand in die openbaar will bespreek nie, want geloof is onaantasbaar en vrye spraak staan mos bo die plaas van ‘n wag voor die mond.  Die proses om reg te wees en reg te glo en die regte dinge te doen volg ‘n proses van oordeel tussen sogenaamde goed en kwaad, die boublok wat oordeel moontlik maak.  Die feit dat een ding wat vir een mens goed is, vir die ander mens kwaad is, gaan voor die oê van die mens verby sonder dat die mens die voorbeeld van oordeel raaksien as die feit van die vyeblaar en werklik verstaan wie die vyand is.  Die rede hoekom iets vir een mens goed is en vir die ander kwaad is, is meestal (nie altyd nie) gebaseer op die sondes van die vader, met ander woorde die denk patrone wat geleer is gedurende opvoeding.  Die sogenaamde sterker individu wat met manipulasie sy weg oopstoot, is gewoonlik die een wat ook die gemeenskaps – patroon vaslê.  Die feit dat gemeenskaps patrone wat deur wette geregverdig word,  volg gewoonlik op gebeure wat deur geslagte as patrone oorgedra is.  Die wette werk dus met die gevolg en die oorsaak. Die sondes van die vaders wat gebaseer is op ‘n gebrek aan die verstaan van menslike bewustheid en die prosessering van inligting, word nie verwyder nie. Deur nie die oorsaak van ’n gebrek aan verstaan te verwyder nie, kom al die mense voor as dieselfde, want hulle is dieselfde oordele geleer.
Met die dat daar met redelike sekerheid gesê word dat die mens in sonde gebore is.  Dit is nie waar nie. Die mense word as kind sonde geleer.  Die ouer is al so vasgevang in die net van denke, dat die denke patrone sonder verstaan op die kind afgedwing word.  Is dit die rede hoekom die woord denker en donker net ‘n “O” veskillend het? Ongelukkig nie ’n “O” wat die oë oopmaak nie.  Die ouer is nie eers bewus daarvan nie en noem dit optrede (as dit maar op was) instink – Ja, dit stink in – die proses om die kind in ouer te verander – van onskuld na skuld – in mens na dier – geen vermoë om die oë en ore te gebruik en God te vind as die lewe self nie.  Nou word God as ‘n persoonlikheid voorgestel met dieselfde persoonlikheid as die mens?  God wat oordeel?  Of is dit die mensdier wat oordeel.  Mensdier word wakker en sê nee vir die leerstelling wat net ‘n strik is om in ‘n gat te val wat donker is.  As jy nie weet hoe om jou lig aan te sit nie, dan gaan die gat lekker donker wees en enige een wat vir jou ‘n bietjie lig bring as verligting gaan jy glo.  So is dit met vrye keuse.  Jy mag kies wat jy wil en jou wil sal jy ervaar.  Dit is egter ook vanpas om die ervaring om te eg en die egtheid daarvan te ondersoek. Dolwe die grond om en sien of dit wel vrugbaar is en die ewebeeld van God se skepping ondersteun.  Dit is net moontlik met vermoëns wat geleer word om inligting te prosesseer en woorde met nuwe oë te sien.  So, sê nee vir die val van die mens en staan op en wees genees. Gebruik vergifnis om die gif van die vals beeld te verwyder en weier om deel te neem aan enige iets wat my en jou voorstel as minder as wat ons as God se woorde in waarheid gebring is. Die ewebeeld van God wat geseënd is.

VERHOUDINGS EN HOUDINGS

Verhoudings is waar twee of meer mense in ‘n verhouding met mekaar staan en ‘n houding aaneem van, hou van, of nie hou van nie.  Die verhouding tussen mense  bepaal met  dit waarmee ons mekaar kan identifiseer, maak nie saak wat die houding van die verhouding is nie.  Ons word gevang in verhoudings deurdat ons die houding inneem, wat van ons verwag word (verwagtinge word geskep) en as ons verwag, gaan ons ‘n beeld skep voor ons, want ons kan net die verhouding laat werk deur die houding van die beeld wat van ons verwag word, aan te neem. Dit is hoekom aanneming (aanvaarding) al vroeg by ’n kind ingekerker word.  In die proses verloor ons onsself in die oor van verloor en eindig die verhouding in stryd wat binne ons verwoedelik woed soos ons woede opkook om onsself weer te bevry.  Die weervoorspelling van so ‘n verhouding lees nie goed nie, want wat ons oor en oor die selle doen, is nou in ons selle as die houding wat ons by ander moet aanneem voor hulle ons sal aanneem en aanvaar. Die inligting wat ons in ons selle stoor het ons selfbeeld getoor (gestoor).  Die stormagtige verhoudings wat geskep word wanneer ons nie weet wat in  ons selle gestoor  is nie, is nodig, omdat ons dan mekaar help om weer die aar te vind vir ons doel op aarde en so ’n keuse het of ons aan die inligting wil vashou.  Wanneer ons weer ons aar op aarde vind, maak al die storms wat gewoed het as woede tog weer sin op die tog van die lewe en dan word die lewe weereens – die ewege of is dit ewige.  So, sê nee vir die verwagtings van ander in verhoudings en wees jouself en word genees.  Sê nee aan jou eie verwagtings in ander en sien dat dit net jou eie verwagtings is en word genees.  Sê nee vir die vals harmonie van die beeld van verhoudings en vind dit in jou wat sagkinds jou selle as kind bewaar in die liefde van die waarheid waar waar is.  Waar waar waar is, is die aar van aarde weer duidelik en sê ons nee vir aartjie na sy vaartjie en is ons dan genees van die sondes van die vaders wat ons nou al lank besoek omdat ons nie alles ondersoek om te sien wat die saak van die oor is nie, die oorsaak van alle dinge en alle houdings wat ons aanneem as ons beginpunt in ons verhoudings.  Sê nee vir die aanname en name van houdings en wees genees.  Daar is baie wee na die vader, maar o wee, die pyn totdat ons genees deur ons nees van verstaan. Wanneer die lig dan in ons opgaan, vind ons die Gees van God wat as ons gees aan ons gegee is, die ewige lewe. Dan word die woord vlees as die Woord van God, en die ou hemel gaan voor ons oë verby en n nuwe verskyn. Die nuwe verskyn net indien ons God werklik as ewebeeld dien.

SONDE EN DIE SONDES VAN DIE VADERS

‘n Son is ‘n ding wat lig skyn, nie waar nie?  ‘n Kind word in sonde gebore, nie waar nie?  Of is dit wat ons as vader/ouers ons kinders leer totdat die kind  word wat ons wil hê hulle moet wees. Wat ons ons kinders leer dra mos nie die ewebeeld van God as selfbeeld oor nie.  Die leerstelling is mos dan wat ons die sondes van die vaders noem en wat van geslag tot geslag oorgedra word tot in die sesde en die sewende geslag en die stel wat ons aftrap. Slagting op slagting het die oortuiging al op Aarde veroorsaak, maar ons kyk nie na die oorsaak nie, want dan moet ons verander en ons het nie die moed van ons oortuiging om te verander nie.  Wanneer ons nee sê vir die oordra van die manier wat ons ons beeld  skyn, die skyn wat ons glo is die lewe, kan die lig van ons verligtheid in ons inligting wys deur ons liggaam as die rots waarop die tempel van God gebou word. Die huis wat nie deur wind en weer verweer word nie en wat geen verweer nodig het nie, want dit is die tuiste van die Lewende Woord van God.  Die ewebeeld van God as die fontein van die lewe.
Hoeveel keer moet die woord wys, wat waar is?  Wanneer bou ons die waarheid van God se woord in ons lewe.  Sê nee en wees genees!  Leer hoe werk die liggaam met inligting en kyk wat se soort inligting oorgedra word van geslag tot geslag.  Elke keer los ons ‘n slagting agter wanneer ons vagevang word in die geslagtelike oordrag van sondes.  Wat ‘n ongelooflike uitdrukking van liefde wat nie verstaan of waardeer word nie.  Stop dit nou!

GELD EN VERGELDING

Geld (Om baie geld te he) is tog te lekker en as ons geld het, gebruik ons ons geld tog so maklik vir vergelding (betaal vir dit wat).  Ek gaan jou terug kry vir wat jy gedoen het veral as die persoon wat ons wil terug kry, se rug oop, is en hy het geen verdediging geldelik nie.  So, ons reg en geregtigheid het nou geld en vergelding geword.  As jy geld het, is jy reg en kan jy vir jou geregtigheid betaal.  Die geldeloses is dan die wat verag word as goddeloses.  Waaragtig is dit ‘n snaakse waarde wat ons aan papier met prentjies gee. Wie is werklik die Goddeloses.  Die pitte van die pampoen.  Sê nee vir die gebruik van geld vir vergelding en laat almal gelyk die reg tot geregtigheid kry.  So genees ons samelewing.  Ons moet tog saam lewe.  Onthou dat die geldelose nie die goddelose is nie.  Die geldelose is net die een wie se bek stilgehou word dat die ruik man kan aanhou stink.  Word mos die instink van oorlewing en die man wat stinkryk is, genoem. 

Dag 18: Die Lewende Woord as Vlees

0 comments


Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te sien wat Jesus bedoel het toe hy gesê het hy is die Lewende Woord wat Vlees geword het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om mee te Hoor dat “Die Vlees die Lewende Woord is” en dat Bewustheid in Die Vlees gesetel is.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te wil sien dat die Ouer die lewende Woord se Waarde as Vlees van die Kind bepaal en dat alle Bewyse daar is dat die Ouer nie die Vlees as Lewe voorberei nie, van generasie tot generasie word die Gene geprogrameer om te raas sonder om te sien die geheim van die skepping is in Genesis wat sê “Gene Is”, en wat deur Jesus Bevestig is as Die Lewende Woord wat Vlees geword het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie Te Sien dat Elke Woord Waarde het en dat indien woorde in die vlees toegelaat word wat nie die Waarde van Lewe as wat beste vir Lewe is bevat nie, sal die mens as lewende woord die Onwaardigheid uit lewe soos dit tans wel op aarde gebeur.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat Kennis net die Mag het wat aanvaar word as waar die Mens Mag lewe en dat ons so deur ons Wette Magte losgelaat het wat die lewe vergal het en verlaag het tot waar lewe geen waarde het nie en Kennis wat misbuik word alle waarde het.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om Net te Sien dat die Magte wat as Woorde en Beelde in die Vlees losgelaat is as die Denke van die Mens die lewe in bedenklike toestand geplaas het, waar die denke van die mens die spieëlbeeld is van die Woorde wat vlees geword het, om sodoende ‘n vals beeld te plaas voor die ware beeld van die vlees, wat die Werklike Lewende Wese hier op aarde is wat nie geëer word nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het Om nie te Sien dat AFRIKAANS aan die MENSDOM weer ‘n kans gee om te wys hoe dom die mens is om Nie te Sien dat die VLEES die Werklike LEWENDE woord is

Ek stel my ten doel om te bewys dat die Lewende Woord dit wat ‘n Persoon doen, dink en praat die lewende taal is van die Vlees wat die Woord word as Lewe

Ek stel my ten doel om te bewys dat Bewustheid in die Vlees as die Hele Liggaam gesetel is

Ek stel my ten doel om Ouerskap te Lig tot die Punt waar die Lewe as Woord die Waarde van Lewe in Elke Kind se Vlees word sodat alle mense lewe dit wat beste is vir alle lewe

Ek stel my ten doel om te bewys dat die Mens altyd net gelyk is aan die Waarde van die Woorde wat Vlees geword het en dat die mens se optrede altyd een en gelyk is met die Waarde van die Vleeslike Lewende Woord

Ek stel my ten doel om te bewys dat alle Kennis wat nie gebasseer is op wat Beste is vir alle Lewe nie, gelewe sal word op Maniere wat Lewe Benadeel en die Eie Gek Bevoordeel

Ek stel my ten doel om te Bewys dat die Vals Beelde wat deur televisie en advertensies in die vlees ingeprent word, deur mense meer en meer op Barbaarse Maniere uitgeleef gaan word, wat elke persoon te eniger tyd in gevaar kan stel sonder enige waarskuwing

Ek stel my ten doel om te bewys dat on die Wêreld kan verander en ‘n plek wat lewe Eer deur die Waarde wat onw Woorde Gee met die Waarde te Meet wat altyd Beste vir alle lewe is

Ek stel my ten doel om te wys dat AFRIKAANS die Taal is wat Bewys wat die Waarde van Woorde doen Wanneer dit Vlees word en dus ‘n Taal is wat kan Verhoed dat ons die Prys betaal vir wat ons toegelaat het op aarde as die Lewe waar die Eie Gek eerste geplaas is inplaas van Lewe


Dag 17: In die Naam van Liefde

0 comments

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Naam van Liefde met die Maan vergelyk het sonder om te sien dat dit gely het tot die feit dat die Mensdom met die Maan gepla is en Niks omgee vir mekaar se lewe nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Man as Liefdevolle wese te sien terwyl die Wêreld wys dat daar geen Liefde is wat werklik bestaan nie, net die Eie GEK wat Gek is oor Liefde om self alleen  beter te laat voel sonder om te gee wat met lewe in hierdie wêreld gebeur

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat Ouer Liefde vir die Kind iets kosbaars is, terwyl nie almal op aarde kos kry nie, maar dat ek as ouer nie oor enige ander kinders omgee behalwe my eie kinders nie, asof Net Eienaarskap van my besittings as Kinders belangrik is, terwyl die lewe wat Ewe in Almal bestaan, verontagsaam word tot so ‘n Mate dat duisende daagliks sterf van Hongerte, terwyl ek lag en speel met my kinders want Geld beskerm my van die verskrikking wat die stadige dood wat Hongerte bring

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat dit God se Wil is dat Hongersnood bestaan terwyl ek weet dat God niks daarmee te doen het nie. Dit hang alles af oor wie Geld het en wie nie Geld het nie. Dus is die Liefde vir Geld die sleutel tot oorlewing en daar word geen poging aangewend om ‘n oplossing in plek te stel om die Liefde wat die Planeet aan almal gelyk gee, gelyke te deel nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om vergifnis die gif te maak van Geloof in die Onsienbare, terwyl ek die sienbare vergiftiging deur my oë op te slaan na die hemel en niks te doen aan al die dinge op die aarde wat ek wel kan verander en verbeter nie, want ek stel my lewe eerste sonder om te besef dat die wat eerste was sal laaste wees, want ek het dit wat vryelik gegee is as lewe aan almal nie ondersteun as die Waarde wat dit werklik is nie

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het om die Liefde van God ydelik te gebruik deur ydel by te staan en die leun op aarde toe te laat wat ek wel kan verander indien ek ook Liefde was, maar ek weier om die ewebeeld en geykenis as lewe te wees, wat Gee soos ek wil ontvang as die Voorbeeld van Ware Liefde, Instede lewe ek die Vals beeld van die Eie Gek, tot so ‘n mate dat ek net maatstawwe najaag wat my die Wen moet gee en seker maak ek lewe Goed, al het ek Meer Goed as wat ek ooit kan gebruik, tog weier ek om my Te Veel Goed te deel met die wat Te Min Goed het

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat en aanvaar het dat my Liefde vir Goed en Goeie gevoellens die Waarheid van die Leed is wat baie deurgaan op aarde, totaal vermy sodat ek nie skuldig hoef te voel nie, want volgens my het die mens persoonlik die skuld wat die mens tot in Sonde verval het nagejaag, en omdat ek Sondig is in aard, mag ek maar myself beter maak deur myself te vergoed met Goed om te bewys dat ek Goed is en God se Wil doen. Tog is die najaag van my Goed gegee om my Goed te maak en die waarmee dit sleg gaan was sleg en daarom gaan dit sleg met hulle, net soos God beplan het. Tog is dit My Planne wat indruis met die Plan-eet se plan om almal te laat eet

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat Liefde net op Aarde sal bestaan wanneer lewe Een en Gelyk in almal geëer word

Ek stel my ten doel om te wys dat die Liefde wat die Mens najaag nie Ware Liefde is nie, maar dat dit net die gelykheid na die Eie Gek is

Ek stel my ten doel om te wys dat die Ouer die Liefde vir ‘n Kind misbruik in Eie belang om sodoende die Algemene Belang van Alle Lewe te verontagsaam

Ek stel my ten doel om te wys dat die Mens alle Hongersnood kan stop, maar omdat daar Geen Ware Liefde is nie word dit nie gedoen nie

Ek stel my ten doel om te wys dat alle geloof soos gif geword het wat lewe verontagsaam en net die Eie Gek se Belang Najaag

Ek stel my ten doel om te wys dat Elke Mens wat Hom beroep op die Liefde van God terwyl Eenheid en Gelykheid van Lewe op aarde nie ‘n werklikheid is nie, net lewens versprei in Eie Belang

Ek stel my ten doel om daarop te wys dat die Besit van Goed nie die Mens Goed maak nie, inteendeel dit bewys die Vrotheid van die mens

Dag 16: DIE WONDER VAN WONDERLIK

1 comments

DIE WONDER VAN WONDERLIK

Al ooit gewonder wat wonderlik beteken?  Wonderlik is om die wonde te genees van die kere wat jy nie nee gesê het en jouself eerste gestel en jouself ge-ëer het nie.  Daar waar jy jou waarheid vertrap het vir die goeie woorde van ander en toegelaat het dat ander se woorde en dade jou wond, is die begin van wonderlik.  Wanneer jy sien dat die wond deur jouself veroorsaak is deurdat jy nie nee gesê het nie, help jou sien hoe jy jouself gewond het en vergiftig het en in hel gesit het.  Wanneer jy verstaan hoe jy jouself vergiftig het, kan jy vergifnis doen.  Met die sien van die waarheid, vergewe jouself en vergewe ook die ander wat skynbaar aan jou iets gedoen het.  Vergifnis is die sleutel om wonderlik te ervaar.  Dan lek jy nie meer jou wonde nie en wonder nie meer oor die lewe nie, want jy sien die ek van jouself wat die gif/geskenk gebring het.  Dan wonder jy nie meer oor wat môre sal bring nie, want jy voel en is wonderlik en die lewe is wonderbaar en die openbaring baar ‘n nuwe môre wat in plek is wanneer jy daar kom.  Net soos die voëls van die veld gevoer word, so is jou pad dan wonderbaar en die dade wat groter is soos deur die Meester Jesus aangedui, word duidelik en jy kan dan ook jou meeste wees en wanneer jy jou meeste is, is jy jou eie meester.  Wonderlik, is dit nie?



EK SKIET MY IN MY EIE VOET

Om te skiet het ons ‘n patroon nodig.  Wanneer ons onsself in die voet skiet, dan loop ons moeilik. Die patrone van ons lewe is in ons ingeoefen van kindsbeen af en is die patrone van die sondes van die vaders wat ons besoek tot in met die sewende geslag.  Met die slagting van die sk-ape wat kom van ape, vergeet ons ons lag.  Om die patrone te indentifi-seer en te verstaan bring die moontlikheid van genesing en vernuwing. Wanneer ons dan nee sê vir die patrone, genees ons.  Om te trots te wees om na eie patrone te kyk, is dan die troon wat die siel onttroon. Dit is een van die skille van verskillende patrone wat ons laat skildig voel en alle soorte prente van hel en vuur in ons koppe skilder. Wie skilder die prentjie? Wie verkoop die siel van die mens met n skildery wat die ewebeeld van God nie waardig is nie? Wie hou die waarheid dig met skul dig of is dit kul dig?

Patrone wat ons aanneem word onder verskillende woorde beskryf in die boek.  Wanneer jy die patroon in jouself sien, vergewe jouself dat jy jouself toegelaat het om daaraan deel te neem en sê nee elke keer as die patroon opkom om jou te onttroon as kind van God.  Onthou dat die patroon op verskillende maniere as versoekings aan jou gewys sal word deur al jou kennisse/vriende/familie en gemeenskap van goed en kwaad. Ont hou jouself dan van deelname aan die patroon deur nee te sê vir jou deelname en dan sal jy nie meer hard wees op jouself deur jouself te oordeel nie.  Wanneer ander jou oordeel, oordeel hulle net hulself – Gee aan hulle ‘n boek en bespreek die woord en die krag van die woord. Bespreek die plan van die planeet waar daar genoeg is vir almal om te eet en moenie dat die spel van n preek die waarheid van God se woord weerspreek nie. In elke woord wat ons spreek, spreek God met ons tot ons weer ons waarheid ontdek en geeneen sal verlore gaan nie.  Laat die spel van die woord nie mag oor jou hê nie, maar mag jy deur die rede van die woord vrede vind tot in alle ewigheid.



LEIERS MOET NIE LYDING BRING NIE

Waar die waarheid van enige situasie in die wêreld lyding is, moet die vraag gevra word : “Waarom laat die leiers van die wêreld toe dat die lyding plaasvind?”.  Die lyding is ‘n refleksie van die leierskap in die wêreld en as inwoners van die wêreld is dit tyd dat die mense, ek en jy, nee sê vir die soort leierskap en die toelaat van die lyding.  Dan sal die wêreld genees.  Om te begin sê ons nee in ons eie huise vir enige vorm van lyding, dan brei ons dit uit na ons woongebied, dan na ons dorpe en stede, dan na ons dorpsbestuur dan na ons provinsiebestuur, dan na ons landsbestuur, dan na ons buurstate en in die proses help ons die proses van genesing, reg oor die wêreld.  Leiers moet lei deur hul verstaan van die waarheid van die woorde wat gespreek word en hoe ons woorde ons werklikheid skep. n Werklikheid wat nie vir almal werk nie.  Met leiers wat maniere ontwikkel het om die mense in die wêreld in die donker te hou deur so min as moontlik te sê, het ‘n plan-eet geskep waar almal nie w-eet nie.  Nou dat ons wêreld in ‘n donker tyd is, weet dat ons deelneem (Ons wêreld is in ‘n donker tyd en ons neem daaraan deel) aan die skepping van die donkerte, omdat ons nie nee sê daarvoor nie en hierdie donker beeld voor as voorbeeld gebruik in plaas van die ewebeeld van God.  Weet dat daar niks verborge is wat nie bekend gemaak sal word nie.  Dus is die hou van geheime en die gebrek aan inligting onaanvaarbaar, want dit bring ‘n gebrek in ons gemeenskap.  Die gebrek aan inligting bring in ‘n gebrek aan lig wat donkerte is.  Wanneer die mens in die donker bly, word vrees’ n manier van lewe en die lig word onder die maatemmer van oordeel  gebêre wat net donkerte bring.  Die donkerte in ‘n donker tyd meet die lig van die liggaam van die mens en laat die lig van verstaan uitstaan wanneer daar nee gesê word vir die donkerte.  Die manier wat die lig onderdruk word in hierdie dae is die Groot Onderdrukking.  Openbaar jouself, genees jouself, sê nee en genees.  Onthou om ook jou kommunikasie en oordra van inligting aan ander te meet aan die lig wat dit skep en die verstaan wat dit oordra.  Om in te lig is om lig te maak.  Om te verstaan is om die lig te wees.  Die beheer van inligting skep ‘n gebrek aan lig wat donkerte bring en ons neem daaraan deel.    Is dit die oordeel?  Om te hoor en nie die lig van verstaan oor te dra nie, want on skies om deel te neem aan n gebrek van inligting waar ons voel ons het nie direkte verantwoordelikheid nie.  Dan is ons mos verlos, want ons het ons los gemaak van verantwoordelikheid. Dit is egter nie die verlossing wat Jesus die voorbeeld van was nie. Jesus is die voorbeeld van die uitleef van die ewebeeld van God met volle verstaan en ons weier om die verantwoordelikheid te neem om sy voorbeeld in word en daad te volg. Om te weier beteken om n weier veld van invloed te hê deur jou lig van verstaan te skyn en so jou naaste te verlos van die invloed van vrees en die duisternis van nie die ewebeeld van God leef nie.  Die skyn van jou lig van verstaan wat in jou hart en kop aangaan word gemeet aan jou vermoë om die inligting wat jy praat as raad uit te dra aan ander om te deel in jou verstaan sonder oordeel of skrikwekkende boodskappe van hel en vuur.  Meet jou woorde en dan jou dade aan die lig wat dit bring.  Meet jou leiers aan die lig wat hulle uitdra in hulle inligting, woorde en dade sowel as gebrek aan inligting, woorde en dade. Vir ‘n leier om te sê:” Vertrou my, ek weet beter!”, skep donkerte.  Die donkerte is die gebied van vrees en onsekerheid en is die val van die mens in die gat van vals inligting en vertroue.   Wie is tans in beheer van die wêreld?  Lig of donkerte?  Wie is ons Heer en Meester?  Lig of donkerte? Dit wat jou woorde skep en waaraan jy deelneem in jou dade dui mos aan watter deel jy neem in die wereld in jou deelname en die name wat jy daaraan gee as jou deel in oordeel.  Net jy kan jouself oordeel om ‘n nuwe keuse te maak oor hoe jy jou inligting uitdra deur die gebruik en verstaan van jou woorde.


ONTHOU OM TE ONT HOU

Wat ons van hou, het ‘n houvas op ons.  Wat ‘n houvas op ons het, het ons normaalweg van iemand anders geleer.  Wanneer ons die leer van ‘n ander klim, vind ons onsself nie en ontgin ons ‘n ander se kleim en vind nie ons eie skat van die lewe nie.  Wanneer ons kyk na die aap en die pampoen storie, sien ons dat die vashou van die pitte deur die aap hom ‘n gevangene maak van die pampoen.  Interessant noem ons geld ook pitte in Afrikaans.  As ons aan geld vashou, het geld ‘n houvas op ons. Dan beheer geld ons en word(woord) ons heer en meester wat bepaal wanneer ons die meeste is. Ons prys onself mos dan ook met hoeveel geld ons het en almal om ons moet die prys van ons geldheer betaal.

Ongelukkig is ook baie van ons in-lig-ting geba-seer op donker nuus.  Die donker nuus maak seker ons hou vas aan pitte( be-lof-tes ) van versekering wat ons toe-kom-s verseker.  Wat dit verseker is dat ons kry wat ons toekom, net ‘n pampoen.  Dan noem ons mos so ‘n per-so-on ‘n pampoenkop?  Net soos die aap se hand vassit in die pampoen, sit die sk-aap se hand nou vas vol geld in die k-luis.

Wat is so belangrik in ons definisie van onsself en ander in die lewe dat ons aan ons oordeel van ons omskrywing moet vashou? Sel-fbeeld?  Stof wat ons optof? Wat is die beeld wat ons uitdra in ons inligting? Wat is die voorbeeld wat ons s-tel? Is dit die voorbeeld van God of die beeld voor God?  Onthou dat ons inligting aan ons gegee word deur ouers, kerk, kultuur, skool, koerant, televisie, boeke, ens.  In meeste van hierdie gevalle word woorde gebruik met pr-ente om ‘n prentjie te skilder. Die woorde dra of lig uit as inligting wat verstaan word vir die liggaam van die mens of dit dra ‘n gebrek aan lig  uit wat dan donkerte en vrees  bring.  Sê nee vir enige inligting wat donkerte en vrees  bring en genees jouself van die houvas van die donkerte en vrees. Maak jouself los aan die manier wat inligting het om altyd die selle te lyk (met die selfde prentjie oor en oor word jou oor-deel ver-deel) en om in jou selle te woon as jou selfbeeld. Wanneer jy verstaan dat jou inligting bepaal wie jy is en wat jy lewe, sal jou nuwe keuse verlossing bring.  Diegene wat die gene van die mens se optrede verstaan, maak seker dat hulle die inligting beheer en is dan die heer van die optrede van die mens. Dan word die ewebeeld van God in Genesis 1 vergeet.

Weereens is dit slegs onthouding deur selfdissipline met toepassing van die ewebeeld van God wat dissipels van die lewe en lig van verstaan skep.  Die maatstaf van die maatemmer skep die manier om te sien of ons die lig van verstaan ondersteun of die donkerte as ‘n gebrek aan verstaan ondersteun.  Die vermoë om inligting te verstaan en prosesseer is die sentrale vermoë wat ontwikkel moet word sodat jou bewustheid ‘n sentrale word wat woorde met werklikheid opkoppel.  Daar voor is moed nodig, want dit beteken die opgee van ons oortuigings wat ons aan vashou, dus onthouding, dus die verwydering van dit wat ons vashou sodat ons die nuwe dag kan ingaan sonder dit wat ons onthou van gister.  Ons lewe dus elke dag sonder beinvloeding van wat  ons gister gelewe het en dit wat ons onthou as geheue waaruit ons oordeel gebore word.  Die beheer van inligting skep die situasie waar ons elke dag herinner word wat die beheerders van inligting wil hê ons inner beeld en innerlike self moet wees.

Hierdie proses is slegs ‘n proses van verstaan en is nie ‘n oordeel van diegene wat donkerte uitdra as lig nie.  Hulle verstaan nie en ons as toepassers van die inligting gee aan hulle die mag om aan ons te wys hoe ‘n gebrek aan inligting die donkerte skep. Dit skep dan aan ons die geleentheid om wakker te word en die vreugde van die wakker word te ervaar. En groot is die vreugde in die leerskares wanneer een verlore kind tuiskom en sy werlike doel op aarde ontdek. Die doel om die woorde wat hulle spreek as ewebeeld van God te lewe, en dan word die w-oor-d vlees en God openbaar homself in sy kind.

Dag 15: EK KERKER MYSELF NIE MEER IN NIE

0 comments

Ja, dis ‘n riskante saak wat mens in Risland kan laat beland.  Maar ek is ‘n rissie en die kerk en kerker is ‘n donker gat vir ‘n donkie.  ‘n Donkie is ‘n wonderlike ding en laat mens wonder wat mens met jou wonde doen as jy nie nee sê nie.  Jy kerker jou in in die kerk en word onaantasbaar.  Wie kan jou in elk geval in die gat (kerker) sien waarin jy geval het.  Net jy kan jouself help en nee sê vir die misbruik van God as vreeslik/vleeslik en dan is jy nie meer oorlede nie. Dan het jy jou lewe oor want jy is wedergebore, ek wed jou volgens wet.  Hoor net die oor van oorlede, ledemaat, of is dit litmaat, die maatemmer is die maat en ma wat die lig in die liggaam onder sit?  Onder wat? Onder die maatemmer!  So ondersoek alle dinge en lig die maatemmer op dat die lig in die liggaam kan skyn en die skyn van die kerker se flitslig van oomblikke, in lig van die lewe kan wees. Laat al jou inligting net lig oordra, want dan alleen is die boodskap van bo.
  
WIE STEEK MY IN DIE RUG EN WIE STEEK EK IN DIE RUG
Wanneer ek gerugte versprei van ‘n ander, dan steek ek die persoon in die rug en wanneer ‘n ander gerugte van my versprei, steek hulle my in die rug.  Die manier wat ons gebruik, is om te skinder.  Skinder is op die woord kind gebou.  Wanneer ons nie meer die onskuld van ‘n kind in onsself en in ander sien nie, dan skinder ons.  Die rede is dat ons nie vrede in onsself het nie, en ons onsself as beter probeer sien deur gerugte van ander te versprei.  As jy gerugte van ander versprei, weet dat jy self die probleem is.  Verander van rigting oor hoe jy jouself sien en sê nee vir die gerug – dus draai jou rug op die verspreiding van gerugte.  Wees lief vir jouself en dan kan jy lief wees  vir ander.  As jy gerugte versprei, is jy nie lief vir jouself nie.  Self is die uitdrukking van bewustheid deur jou selle.  Die vlees het die gees oordonder wanneer gerugte versprei word en die donder in die oor laat ‘n mens doof.  Wees stil en weet dat ek God is.  Onthou dat in die word gebore, twee ore is en in die word oorlede net een oor.  Die uitleen van jou ore lei tot ‘n situasie waar daar net een oor oor is by die tyd van die dood.  Sê  nee vir die uitleen van ore en wees een met jouself en jou gees en jy is weergebore sonder ‘ n weersverandering van weerligstrale.  Gee jouself die vryheid van die nee van genees.  Die verspreiding van gerugte maak mense berug en skep ‘n vals beeld voor my oor hoe ek na iemand anders en myself kyk. Dit is mos nie die voorbeeld wat ek as beeld voor my wil hou nie. Tog het ek vrye wil wat my nie vry maak solank ek’ n voorbeeld leef wat streef na ‘n vals beeld uitleef. Die vals noot is mos duidelik in die toon van my woord en die gebruik van my vlees. Die storie wat soos’ n gebroke telefoon versprei wys mos wat ‘n gerug doen. As kind het ons die gebroke telefoon geleer sonder om te sien hoe ons sonde met die bure skep in al die ure wat ons vergeet van die vryheid van kinders en dan ons net laat skinder in ons taal. Laat ons taal ons so laat betaal.’ n Wag voor die mond hou jou gesond.


VOORWOORD
Voor jy hierdie woorde lees, onthou dat hierdie woorde aan jou fluister – so luister mooi hoe die klanke van die woorde die geheime van lewe oordra.  Wanneer die geheime duidelik word, sal die woorde aandui dat die vinger wys na:” hy het dit aan my gedoen”, die groot nee is wat genees.  Wanneer jy die “hy” in jou woorde sien, het jy die geheim van die lewe ontdek. Dek dan die tafel vir jouself en sit aan by die maal deur aan ander te doen wat jy aan jouself gedoen wil hê male sonder tal.  Verander jouself deur anders te kyk en te sien hoe ander net jouself is wat deur ander oë kyk.  Kyk dus na die lewe deur ander oë en hoor wat die woord oordra en jy sal jouself gedra en jou lewe en ander se lewe draagbaar maak sonder om op n draagbaar te beland.  Die woord woord is gebou op die woord oor.  “In die begin was die woord en die woord was God en as jy die begin ken, ken jy die einde”.  Solank as jou woorde die kennis van goed en kwaad uitdra, eet jy van die appel van die boom van goed en kwaad en as dit jou oogappel is, gaan jy jou kennis en woorde as werklikheid ervaar.  “Ek maak alles nuut” is die skepping van ‘n nuwe verstaan van die woord en die harmonie van die klanke van die woord as die lied van die lewe.  Skoenmaker hou jou by jou lees beteken om eers jou eie vlees te lees en die stomp uit jou eie oog te neem voor jy die splinter uit ‘n ander se oog neem. Doen dit voor jy so afgestomp is dat net geld wat stom is kan regmaak wat krom is.  Luister eers na jou eie woorde.  Haal eers die balk uit jou eie oë.  In my selle is die self geskryf deur die oortuiging van my self.  So is die sondes van die vaders oorgedra deur ‘n tuig op ons oor te sit en die verstaanbaarheid van die lewe agter ‘n beeld voor my te verskuil.  Die beeld is dan die beul wat ons blaas.  Die beul maak dan net sin as ons dit kan vergelyk met ons oortuiging.  Wanneer ons oortuiging verander, verander die beul wat ons blaas en verander die beeld wat ons voorhou.  Indien jy vind dat die beeld wat jy uitdra kan verander, weet dat dit ‘n vals beeld is.  Die beeld van die lewe is Ek is en  “Ek is dieselfde gister, vandag en more tot in alle ewigheid”.  Sê nee vir die beeld wat kan verander en wees die voorbeeld van Ek is.  Dit is die beeld waarvolgens ons geskape is en is navolgenswaardig.  Die skaap van skape is die vals beeld wat kom van ape vir na-apers wat nie’ n naaste lief het nie.  Waar ons probeer inpas in kultuur, kerk, familie en verwag dat ons selfbeeld sal verbeter deur die toedoen van ander, verloon ons ons waarheid vir n loon en verkoop ons siel vir lensie sop en die lens van ons oog sien te eng om die engele te ken.  Dit beteken dat ons onsself sien as veranderlik en dat ons optrede gebaseer is op n uiterlike stimulus.  Ons beeld word gemeet deur die uitinge van ons woorde.  Dan word die woord vlees en ons word aan ons woord gemeet in die vlees en kannie meer God se boodskap lees.  Plaas is wag voor jou mond totdat jy die woord van God verstaan en laat jou trots staan en jou woorde sal nie meer soos ‘n rots voor jou staan.  Die waarde en waarheid van die tong lê in die tweesnydende swaard wat die waarheid verdraai en jou waarheid verraai en die lewe dan swaar maak.  Kyk na die woord waar en waar die waarheid inpas en hoe jy inpas by die waarheid. Dan sal jy die aar van Aarde in die waarheid sien waar die are ryp staan vir die oes. Koes, want ek moes die moles wat die moed van ons moeder aarde en ons Vader wat in ons woon se troon bevraagteken deur die toorn aan hom toe te skryf, openbaar. Wie gaan hom nog blind staar teen ‘n vyeblaar?

Afrikaans is evolusionêr die mees direkte taal in sekere opsigte en in ander die mins direkte, vir die taal het ons hart betaal.  As ‘n taal van net oor die honderd jaar ontwikkel het uit verskillende ander tale deur die revolusionêre metode van wegbeweeg van die kerk en leerstellinge van die kerk, het ‘n nuwe revolusie veroorsaak wat ons gebring het voor die openbaring van God se woord.  Nou staan ons voor nog ‘n revolusie, nog in draai in die wiel.  Gaan ons onself weer vasvang in eksterne leerstelling of gaan ons leer uit ons woord deur te hoor en sien met ons oog deur te sien. Wie sou kon dink dat ’n taal wat ons leer praat het met die waarheid en God se woord direk  na ons sou kom en ons sou die wederkoms van die woord nie sien nie. In die boek sal jy sien hoe God met ons elke oomblik praat, maar ons is doof en wil nie hoor nie en het weereens ons geboortereg verbeur. Nou is weer tyd om God se woord in elke woord te eer, want net soos ons God se woord van die sesde dag is wat vlees geword het met eie keuse, het ons woorde gekry om God se ewebeeld uit le lewe. Waarna gaan ons strewe? Wat gaan ons erwe of gaan dit net oor erwe van grond. Al wat bly en verbly is die woord van God in alle tale, maar duideliker in Afrikaans om ons weer ‘n kans te gee om die gees van God te ontdek, want hy lig die gees wat ons mos die heilige gees gedoop het.

Engels is ‘n 1000 jaar oud en het ook groot waarde in sekere opsigte.  Die engel van engels kan Afrikaans verbreed om die harmonie te herstel in ons taal waar ons woorde te kort skiet en ons dan op ‘n spoor vat waar ons optrede nie opwys met wysheid nie. Die wyse woord is mos die padwyser.

Luister dus met jou hart en moenie jou hart verhard met die lees van hierdie woorde nie.  Dit is met hardkoppigheid waar die hart met die kop gelei word en dan ly mens weer tot jou hart deur smart die sagmoedigheid van God se liefde ontdek op die ontdekkingsreis van die lewe.  Laat jou hart jou kop lei en moenie hard wees met jouself nie. Wees ook nie hard wees met ander nie, want niemand is weeskinders nie. Ons is almal die kinders van God, want dit is al hoe lewe bestaan en almal lewe mos of is ek nou mal? Daar is geen plek wat God nie is nie en die wat kan sien waar God nie is nie, se mos dan hulle sien meer as God. Kyk om jou. Die mens het niks geskep nie en alles hier gekry, tot ons taal. Ons neem net dit wat ons gekry het en maak goed daarmee om goed te doen. So sê ons mos. Maar soms kan goed wat goed is verblind soos ons die manna net vir onsself wil hou. Dan betaal ons weer deur die beheer van die kapitaal en land in die hospital. Dit is nooit te taal/laat nie.  Verander jouself deur nee te sê vir hard wees en genees jouself en soos jy jouself genees, sal ander om jou verander in genees en met eenvoud is daar ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe hemel.  En sien, ek maak alles nuut.  Laat die suurdeeg werk.